Fotograwe sal baat vind by dié klub

Die klub se volgende vergadering vir op 10 April plaas.

Hou jy daarvan om foto’s te neem of wil jy graag ‘n beter fotograaf word?

Dan is die Heigel Fotoklub, wat fotograwe van Heidelberg en Nigel insluit, net die regte plek vir jou om by in te skakel.

Die lede kom een keer per maand byeen en foto’s, wat deur die maand ingeskryf was, word deur drie beoordelaars beoordeel.

Daar is verskeie temas waarvoor die fotograwe kan inskryf soos onder andere swart en wit, portret, natuur, oop kategorieë asook spesifieke voorgeskrewe temas, wat die fotograaf gaan laat diep krap en hul kundigheid op die proef stel om die tema onder die knie te kry.

Daar is ook maandelikse uitstappies na die naby geleë Marievale Natuur Reservaat, net buite Nigel, waar die fotograwe eerstehands kan leer wat dit verg om die beste uit jou kamera te kan kry.

Die temas vir die res van die jaar is: April (Hi key fotografie in swart en wit), Mei (beweging in kleur), Junie (Sterre fotografie in kleur), Julie (sterre volg in kleur), Augustus (low key fotografie in swart en wit), September (minimalisties in kleur), Oktober (tafelblad fotografie in kleur) en November (Bokéh in kleur).

“Ons klub is besig om te groei en dit is verblydend om die kwaliteit van die foto’s te sien,” het Francois van Jaarsveld voorsitter van die klub gesê.

Die klub se volgende vergadering vir op 10 April plaas.

Belangstellendes wat meer inligting verlang kan vir Van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version