Vissies maak kennis met Kameelfees se kamele

"Die kamele en die joggies was baie opgewonde oor die besoek en die fees en die opwinding onder die kinders en onderwysers by die skool loop net so hoog,”

Met die Laerskool AG Visser se Kameelfees wat om die draai is, het ‘n paar onderwysers en leerders op 24 Maart vir die kamele in Krugersdorp gaan kuier om ’n voorsmakie te kry wat ’n kameelresies behels.

Die Kameelfees is ‘n fondsinsamelings projek van Laerskool AG Visser en die fees sal op 24 en 25 Mei by die laerskool se grond plaasvind. ’n Hoogtepunt van die fees is die gesogte kameelresies waar sewe kamele met joggies teen mekaar resies hardloop.

Besighede in die dorp kry die geleentheid om ‘n kameel te borg.

Die leerdes het die kamele gepaai met wortels en koolblare voordat hulle op ‘n begeleide rit op die kamele geneem is.

Die fees het voorheen bekend gestaan as die Kameelkarnaval en was ‘n gewilde geleentheid op Laerskool AG Visser se kalender.

Die skool hoop om vanjaar, met die herlewing van die fees, weer die geleentheid ‘n jaarlikse instelling te maak.
Reëlings is in volle gang met top kunstenaars wat sal optree.

Die sewe kamele wat gaan deelneem aan die kameel resies op 5 Mei is deur die eienaar Karel Venter aan die skool se besoekers bekend gestel.

Die Kameeljoggies het gewys hoe die kamele resies jaag.

Nadat die kinders die kamele gepaai het met wortels en koolblare, kon hulle die boggelrûe beklim en vir ‘n begeleide rit saam met die kameeljoggies gaan.

“Die kamele en die joggies was baie opgewonde oor die besoek en die fees en die opwinding onder die kinders en onderwysers by die skool loop net so hoog,” het Lienkie Hofmeyer van die beheerliggaam vertel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version