Local news

Heidelberg kry ‘n nuwe baadjie

Raak betrokke en maak 'n verskil.

Die harde werk van die Heidelberg Hope groep asook ander groepe, besighede en indiwidue is besig om vrugte af te werp.

Chris Els het aandag gegee aan die roosbome op die middel eiland in Voortrekkerstraat.

Dit het ook daartoe bygedra dat Heidelberg aangewys is as een van die drie Gauteng semi-finaliste van die televisieprogram Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie.

Oud en jonk het opgedaag om te help.

Die groep het Donderdag op Menseregtedag moue opgerol en die gefokus op die taxi staanplek in Voortrekkerstraat. Oud en jonk het opgedaag om die gebied skoon te maak.

Vrywilligers het fluks saamgewerk.

Die stroom langs die staanplek wat besaai is met papiere, bottels, gebreekte glas en ander rommel is onder andere aangepak.

Die strate is behoorlik skoon gevee.

Die publiek en besighede kan op verskeie maniere betrokke raak by die skoonmaakaksie van die dorp.

Papiere en rommel onder die brug het vir ‘n seeroog gesorg.

• Gee van jou tyd om te help met die skoonmaak projekte.

• Skenk items en dienste wat in lyn is met wat benodig word.

• Neem verantwoordelikheid om die strate en sypaadjies in jou woonbuurt op te knap.

• Maak ‘n maandelikse skenking of eenmalige betaling aan Heidelberg Hope.

Vir meer inligting skakel 066 492-1337, of stuur ‘n e-pos na info@heidelberghope.co.za of besoek die webtuiste.

Personeel van die SPAR het ook hand bygesit.
Van die gemeenskap en besighede wat Donderdag gehelp het om skoon te maak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button