Die Wiggill broers, wat leerders aan die Hoër Volkskool is, is besig om hul kishoue, rughoue en voorarm houe te laat tel.
Bryan Wiggill het onlangs aan die Gauteng-Oos Tennis Kampioenskap deelgeneem.
In sy wedstryd het Bryan 6-1, 6-1 gewen.
Bryan is verkies om die Oos-Gauteng Span in die o19-ouderdomsgroep te verteenwoordig.
Nathan Wiggill het in sy beurt aan ‘n inter-provinsiale tennis toernooi in die o15 ouderdomsgroep deelgeneem.
Nathan het met 6-1, 6-1 geseëvier.
You can read the full story on our App. Download it here.