Local newsSport

Die bal is aan die rol

Die liga is 'n instelling waaraan verskeie besighede deelneem.

Die twee-jaarlikse besigheidsliga, wat tans by die Heidelberg Rolbalklub beslis word lewer kompeterende spel op.

Tydens die toernooi, wat oor drie weke strek, speel spanne wat uit verteenwoordigers van besighede bestaan, teen mekaar.

Die rolbal liga is sterk aan die gang.

Vir sommige is dit hul eerste kennismaking met rolbal.

Na die eerste rondte was die puntestand as volg: Auto-Ren Toyota en JR Lubricants was kop aan kop met ses punte elk.

LCS Control en NTT Volkswagen is kort op hul hakke me vyf punte.

Peter Weerheim konsertreer hard om die bal in die regte rigting te stuur.

Dan volg AutoCity Heidelberg (vier punte); Agronamic en Multivac (drie punte); LTE Glass en Aluminium, Jumangi Konstruksie, MMG Ford en Suikerbos Makelaars (twee punte); LCS Admin, LCS Tracking en Just Property wat nog hulle punte rekening moet oopmaak.

Sampie Vilakazi rol sy eerste bal in die tweede rondte.

Die finale wedstryd en prysuitdeling het gisteraand (19 Maart) plaasgevind.

Lees in volgende week se uitgawe meer daaroor.

‘n Mooi sonsondergang terwyl die spelers hul wedstryde speel.

Related Articles

Back to top button