Local news

VLU Nigel-tak fokus op gemeenskapsbewustheid

Dina Smit, 'n oud SAPD lid het ook die lede toegespreek en waardevolle inigting gedeel.

Die Vroue Landbou-unie se Nigel-tak het hul vergadering op 14 Maart afgeskop met die tema ‘Gemeenskapsbewustheid’.

Die tema het gefokus op uitreiking na die gemeenskap, na mekaar en ook selfversorging. Die gasvrou vir die dag was Tonien Botha en na haar opening het Annamarie Axer, voorsitter VLU Nigel tak die lede verwelkom en Marlene Primo aan die woord gestel.

Marlene is die maatskaplike werker by Nigel tuiste vir bejaardes.

Tonien Botha het Marlene Primo, wat met die VLU lede gesels het oor die Nigel Tuiste vir Bejaardes, bedank.

Sy het gedeel wat by die tuiste gebeur en vertel van die aktiwiteite wat vir die bejaardes aangebied word om stimulasie van die brein en liggaam te bevorder.

Iets wat die VLU dames na aan die hart lê is naaldwerk en Lizelle Gilfillan, plaaslike inwoner en besigheidsvrou in Nigel het tydens die vergadering ‘n demonstrasie gelewer oor ‘n hitte-bestande apparaat was sy ontwerp het.
Gilfillan se besigheid Cucire at Zella doen verskeie naaldwerk projekte en sy het al ‘n paar items ontwerp om naaldwerk te vergemaklik.

Die apparaat wat sy gedemonstreer het, word gebruik met die maak van veral tafeldoeke en lapservette om die perfekte some en hoeke te maak.

Dina Smit was volgende aan die beurt.

Lizelle Gilfillan, plaaslike inwoner en besigheidsvrou in Nigel het tydens die vergadering ‘n demonstrasie gelewer oor ‘n hitte-bestande apparaat was sy ontwerp het om some makliker te maak.

Dina is een van die nuwe lede wat by VLU Nigel tak aangesluit het.

Sy is ‘n oud SAPD lid en haar demonstrasie van selfverdediging, fisiese en psigiese gesondheid het perfek by die dag se tema gepas.

Sy het ‘n paar slim idees gedeel hoe om jouself te verdedig en te beskerm teen misdadigers.

Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, kan Elsa Greyling by 083 703 1763 gekontak word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button