Local newsSport

Krieketspan laat waai met die kolf

Die span van Heidelberg het die wedstryd met 231 lopies gewen.

Heidelberg Krieket Klub het op 10 Maart teen Alexandra Krieket Klub in die Premier B-liga gespeel.

Heidelberg het eerste gekolf en het met die kolf baljaar. Heidelberg se telling na 50 boulbeurte was 307 lopies vir die verlies van vier paaltjies.

Alexandra in hulle beurt het van meet af gesukkel.

Die span was uitgehaal in 23 boulbeurte en kon net daarin slaag om 76 lopies aan te teken.

Heidelberg se beste spelers het so gevaar:

Kolwers: Ruan Janse van Rensburg (129 lopies), Bryan Pretorius (61 lopies) en Werner Oerofsen (94 lopies).

Boulers: Dylan Auckamp (1/14 in vyf boulbeurte), Dinecho Visser (2/30 in 10 boulbeurte), Wikus Botha (3/19 lopies in sewe boulbeurte) en Marko du Toit (3/7 in twee boulbeurte).

Heidelberg het die wedstryd met 231 lopies gewen.

Related Articles

Back to top button