Local news

Herlewingsfees is ‘n groot sukses

Die vooruitsig is om meer sulke feeste in die toekoms aan te bied.

‘n Jesus Herlewingsfees het die naweek van 15 en 16 Maart op die terrein van die Hoër Volkskool plaasgevind.

Die fees, wat oor twee dae gestrek het, se agenda was propvol met pastore en evangeliste wat verskeie preke gelewer het. Saterdagmiddag was die ‘Loop vir Jesus’ waar feesgangers om die skool se rugbyveld geloop het terwyl hulle gebid en gesing het. Stalletjies met verversings en items om te koop was volop.

Ettienne en Sammy Jacobs, plaaslike besigheidseienaars het die fees gereël en beplan soortgelyke feeste vir die toekoms.

Ettienne Jacobs en sy vrou Sammy, wat die fees gereël het, is eienaars van ‘n plaaslike gimnasium in Heidelberg.
“Oorspronklik wou ek ‘n gospel fiksheidsfees beplan en nadat ek hande gevat het met die gemeenskap en Christelike leiers van oraloor, het ons op ‘n Jesus Herlewingsfees besluit,” het Ettienne vertel.

“Alhoewel dit skyn asof daar vleeslik nie baie mense was oor die twee dae nie, was die fees op ‘n geestelike vlak, ‘n groot sukses.” het hy genoem.

Daar was nie net plaaslike pastore en evangeliste nie, maar ook van Brakpan, Alberton, Kaapstad, Polokwane, Mpumalanga en Kaapstad.

Tydens die ‘Loop vir Jesus’ Saterdag middag het feesgangers om die rugbyveld van die skool geloop terwyl hulle gebid, gesing en ramshorings geblaas het.

Ettienne en Sammy is beide besig met hul pastorale studies en het genoem dat hulle verseker nog sulke feeste wil reël in die toekoms.

Ettienne deel graag sy getuienis en kan gekontak kan word by 061 093 3599.

Related Articles

Back to top button