Local news

Vier Volkies haal podium plekke

Drie van hierdie Volkies maak nou gereed vir die SAs

Vier atlete van die Laer Volkskool het podium plekke behaal tydens die Gauteng Skole Atletiek Kampioenskap wat op 8 en 9 Maart by die Boksburg Stadium plaasgevind het.

Die atlete wat medaljes verwerf het was Sebastian Martin met ‘n eerste plek in o9 60m naellope in ‘n tyd van 8.47 sekondes; Christiaan Lewis wat ‘n tweede plek in die o11 1200m in 3:45.83 losgehardloop het; Kaspian Rooseboom wat ‘n tweede plek in o12 hoogspring behaal het met ‘n hoogte van 1.5m en Adriaan Coetzee wat derde was in die o13 1500m met 4:29.49.

Die atlete wat op die podium verskyn het is Kaspian Rooseboom, Adriaan Coetzee, Christiaan Lewis en Sebastian Martin.

Die ander Volkskool atlete wat aan die byeenkoms deelgeneem het was Stefan Swanepoel (o12 150m hekkies en 150m naellope); Hayley Prins (o10 verspring en 70m hekkies); Skyla Simon (o13 hoogspring); Milan Vorster (o13 hoogspring); Wian Gildenhuys (o12 gewigstoot en spiesgooi); Eduard Oosthuizen (o11 70m hekkies); Corlia Greyling (o12 75m hekkies en verspring); Leyna Strassburg (o13 75m hekkies); Leonette Vermeulen (o13 gewigstoot) en Kayleigh van Wyk (o13 diskus).

Christiaan Lewis, Kaspian Rooseboom en Adriaan Coetzee gaan aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deelneem, wat vanaf 24 tot 26 Maart plaasvind.

Related Articles

Back to top button