Local news

Ingange van Heidelberg word verfraai

Vir enige verdere inligting kan Albert Grobler by 083 400 1221 gekontak word.

Heidelberg Hope is daagliks besig om Heidelberg weer mooi te maak.

Dié organisasie is besig om hul woord gestand te doen met die beloftes dat Heidelberg weer omskep word in ‘n dorp waarop almal kan trots wees.

Die afgelope week is die ingange na Jordaan Park, Bergsig en Shalimar Ridge skoongemaak.

Die ingange na Shalimar Ridge is skoongemaak.

Verskeie groepe ondersteun Heidelberg Hope, waarvan Skoon Heidelberg een so ‘n groep is, wat ‘n groot impak maak.

“Ons het vandag so effe uit ons diepte gevoel maar nog steeds ingespring en skoongemaak,” het Charlotte Cloete van Skoon Heidelberg gesê.

“Ons is dankbaar vir elke persoon wat opgedaag het omte help.”

Pienkie Ponkie Kleuterskool het ook help skoonmaak.

Crimestop Sekuriteit, Heidelberg Taxi Association sowel as SAWV Eenheid Suikerbos was byderhand om na die veiligheid van die mense wat skoongemaak het, om te sien

Op ‘n ander noot is dit ‘n uitdaging vir Heidelberg Hope dat die dorp een van die finaliste sal word van die TV program, Kwêla se Dorp van die Jaar.

“Dit gaan verg dat almal moet inspring en help waar hulle kan,” het Albert Grobler van Heidelberg Hope gesê. Ons almal werk na ‘n groter doel toe. Elke klein daad kan ‘n verskil maak.

“Hier is so baie wat Heidelberg kan aanbied vir inwoners, besoekers, kuiergaste en selfs toeriste.”

Hannes Snyman van die Skoon Heidelberg het sy deel gedoen.

Grobler het gevra dat inwoners die wiel aan die rol moet sit om die proses te begin, deur vir Heidelberg te stem sodat die dorp aangewys kan word as ‘n finalis in die program.

Om te stem stuur ‘n sms met HEIDELBERG GP na 33157.

In samewerking met die Plaaswinkel Mediterreens gaan daar ook ‘n kompetisie vir die mooiste straat aangebied word.

Charlotte Cloete van Skoon Heidelberg was ook druk besig.

Die sluitingsdatum is 1 Maart 2025, waarna die verskeie strate beoordeel gaan word.

Om deel te word van die kompetisie kan inwoners hul straatadres en organiseerder se naam en kontak besonderhede by die Plaaswinkel inhandig.

Vir enige verdere inligting kan Albert Grobler by 083 400 1221 gekontak word.

Hannes Louw en Frik van Niekerk van SAWV, Eenheid Suikerbos het gehelp om die vrywilligers se veiligheid te verseker.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button