Suikerbos Voortrekkers word bederf

“Dit is ‘n eer en voorreg om saam met die Suikerbos Voortrekkers te werk."

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging, Eenheid Suikerbos het verskeie plaaslike Voortrekkers vereer vir hul onbaatsugtige werk en toewyding.

Projek Dwergvalk, wat gemik is op die jeug het die Voortrekkers onder hul vlerk geneem en tyd saam met die groep bestee.

Projek Dwergvalk se leiers, Willem J Pretorius (Eenheid Suikerbos se adjunk voorsitter) en die projekleier Hannes Louw is aan die stuur van sake van Projek Dwergvalk.

Die Suikerbos Voortrekker Kommando se lede wat deel van die projek was, was op 1 Maart die gelukkige ontvangers van messe, van ‘n erkende mesmaker in Suid-Afrika.

“Dit is ‘n eer en voorreg om saam met die Suikerbos Voortrekkers te werk,” het Frik van Niekerk, voorsitter van SAWV, Eenheid Suikerbos gesê.

“Hulle is beslis ‘n voorbeeld vir jong mense en ‘n besonderse groep. Ons hoop dat meer mense sal aansluit by die Voortrekkers,” het van Niekerk bygevoeg.

“’n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Hierdie jong mense staan uit met hulle prestasies en opmerklike goeie maniere.”

Frik van Niekerk (SAWV, Eenheid Suikerbos se voorsitter), Hannes Louw (Eenheid Suikerbos se projekleier vir gemeenskap veiligheid), Francois Coreejes (Voortrekker Verkenners groepleier) en Willem J Pretorius (Eenheud Suikerbos se adjunk voorsitter).

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version