Local newsSport

Besigheidsliga skop af

Die wedstryde begin 17:30 by Heidelberg Rolbal Klub.

Die eerste balle in die gewilde besigheidsliga is op 7 Maart op die bane van die Heidelberg rolbalklub gerol.

Tydens hierdie toernooi sê verskeie spanne, bestaande uit besigheidsmense, mekaar die stryd aan in ‘n rustige maar kompeterende omgewing.

Benewens die feit dat spanne teen mekaar meeding dien die liga ook as ‘n ideale spanbou geleentheid.
Daar is die algehele spanbeker, raakbeker sowel as die geesbeker op die spel.

Herman van der Merwe, Heidelberg Rolbalklub se sekretaris het die spelers van die verskeie besighede verwelkom.

Herman van der Merwe, Heidelberg Rolbalklub se sekretaris het die spanne welkom geheet met die afskop van die toernooi.

“Die mikpunt is dat almal hulself sal geniet, ander mense leer ken en die beste balle te rol,” het Herman bygevoeg.

Die spanne wat vanjaar deelneem is LTE Glass & Aluminium, Jumangi Konstruksie, Multivac, Agromanic, LCS Control, LCS Admin, LCS Tracking, Auto-Ren Toyota, Suikerbos Makelaars, NTT Volkswagen, AutoCity Heidelberg, JR Lubricants, Just Property en MMG Ford.

Geen doekies is omgedraai om die spel aan die gang te kry nie.

Die huidige houers van die bekers is DJ Motors/ Engen Balfour en die geesbeker het tans ‘n tuiste by Property Professionals.

Met hierdie twee spanne wat nie tans in die kompetisie speel nie gaan daar beslis nuwe kampioene gekroon word.

Miekie Weerheim in aksie op die baan.

Die volgende wedstryd is op 14 Maart en die finale rondte vind op 19 Maart plaas waarna die wenners aangekondig sal word.

Die wedstryde begin 17:30 by Heidelberg Rolbal Klub.

Al die spelers wat aan vanjaar se besigheidsliga deelneem.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button