Local newsSport

Oud Volkie maak naam in Australië

Hy bly tans in Point Cook en rig ook krieket af vir jonger spelers.

‘n Oud-Volkie en plaaslike krieket talent, Joshua van Zyl, leef sy droom uit in Australië.

Joshua se droom was om in die Big Bash te speel en vir dié rede het hy sy weg na Australia gevind aangesien hy glo dat hy die beste kans het om sy mikpunt daar te bereik.

Met sy uitmuntende talent het Joshua in 2023 tydens ‘n T20 wedstryd ‘n merkwaardige 222 nie uit gemaak en sy huidige krieket klub, Point Cook, se hoogste telling gebreek.

“My ideaal vir die toekoms is om vir die Big Bash te speel wat hopelik kan lei na IPL en ander T20 kompetisies oor die wêreld,” het Joshua vertel.

Hy bly tans in Point Cook, Melbourne, en wanneer hy nie op die krieketveld is nie, rig hy 11 to 18-jarige krieketspelers af.

Hy is ook tans besig met ‘n ingenieurskursus en doen ook tydelik werk.

Joshua van Zyl glo vas dat sy krieket drome bewaarheid sal word.

Die kommentaar wat Point Cook op sosiale media gemaak het was dat hierdie jong seun van Suid-Afrika net beter en beter word.

Joshua is ook onlangs verkies as die handelsmerk ambassadeur vir M9ine Krieket verskaffer.

Hulle het hom beskryf as ‘n uiters talentvolle paaltjiewagter-kolwer en met sy prestasies van meer as 40 honderd talle en ‘n dubbel 100 wat hy behaal het en meer as 800 lopies vir die seisoen is daar baie vertroue in hom dat hy sy krieket drome sal bewaarheid.

“My talent kom van die Here af en ek is baie dankbaar vir die geleenthede wat my gegun is,” het Joshua vertel.

Joshua van Zyl is onlangs verkies as die handelsmerk ambassadeur vir M9ine Krieket verskaffer in Australia.

Related Articles

 
Back to top button