Local news

Heidelberg Hope laat nie gras onder hul voete groei

Heidelberg is besig om 'n nuwe baadjie te kry

Heidelberg Hope, ‘n organisasie wat onlangs op die been gebring is, het daad by die woord gevoeg en het reeds begin om daartoe by te dra om Heidelberg reg te ruk.

Die Heraut het verlede week berig oor die totstandkoming van die organisasie. (Heidelberg Hope launched to restore town to former glory).

Heidelberg Hope is daarop gefokus om verskeie dienste te verrig wat afgeskeep word deur die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit.

Voor die skoon maak aan die agterkant van die ou Poskantoor.

Tydens ‘n vergadering wat op 15 Februarie plaasgevind het, het Thinus de Bruyn van Heidelberg Hope beklemtoon dat die organisasie tesame met verskeie ander bestaande groepe hande gaan neem om die dorp op te knap.

Heidelberg Hope tesame met Skoon Heidelberg het die ou Poskantoor gebou in Begemanstraat, Heidelberg skoon gemaak.

Doe voorkant van die ou Poskantoor nadat die werk verrig is.

Die groepe het nie net vullis opgetel nie, maar gras was ook gesny en die area is skoon gevee.

Die volgende skoonmaak projek gaan op 7 Maart by Shalimar Ridge minibus staanplek wees.

“Hoe meer hande hoe ligter die werk. Kom uit en help sodat ons trots kan wees op Heidelberg.

Die area agter die ou Poskantoor nadat dit skoon gemaak is.

“Ons het verskeie ander projekte wat ook binnekort gaan afskop,” het Albert Grobler van Heidelberg Hope gesê.
Persone wat meer inligting oor Heidelberg Hope wil bekom kan vir Grobler by 083 400 1221 kontak.

Persone wat belangstel om by die Skoon Heidelberg groep in te skakel kan vir Charlotte Cloete by 083 488 5337 kontak.

Heidelberg Hope en Skoon Heidelberg het saam gewerk om die area skoon te kry.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button