Vossies wen interhoër

Ander deelnemende skole was die Hoërskole Stoffberg, Delmas, Dr Johan Jurgens en HTS Springs.

Die Hoërskool John Vorster is gekroon as wenners na afloop van die interhoër byeenkoms wat op 16 Februarie by die Herman Immelman Stadion plaasgevind het.

Ander deelnemende skole was die Hoërskool Stoffberg, Hoërskool Delmas, Hoërskool Dr Johan Jurgens en HTS Springs.

Semei Joubert ontvang die junior Victrix Ludorum trofee. Die toeenning is aan haar oorhandig deur die hoof van die Hoërskool Stoffberg, Pieter de Bruin.

Met die meisies atlete wat algeheel tweede was en die seunspan eerste, het hulle gesorg dat Vossies die interhoër wen.

Marnus Smith en Petri Stolz, spankapteine van die seunsspan wat eerste gekom het by die interhoër.

Ruan Bekker was aangewys as die beste junior seun in velditems en Petri Stolz by die senior seuns.

Jayden Coveira ontvang sy junior Victor Ludorum trofee van die hoof van die Hoërskool Stoffberg, Pieter de Bruin.

Die beste senior dogter in velditems was Chanelle Herbst.

Chanelle Herbst met haar trofee as beste senior dogter in velditems. Die toekenning is aan haar oorhandig deur die hoof van die Hoërskool Stoffberg, Pieter de Bruin.

Die senior Victor Ludorum trofee het aan Linden Manuel gegaan en by die juniors was dit Jayden Coveira wat die toekenning ontvang het.

Linden Manuel ontvang sy senior Victor Ludorum toekenning van die hoof van die Hoërskool Stoffberg, Pieter de Bruin.

Die junior Victrix Ludorum toekenning het aan Semei Joubert gegaan.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version