Heigel Fotoklub wat fotograwe in Heidelberg en Nigel insluit se maandelikse vergadering het op 21 Februarie in Nigel plaasgevind.
Die wenfoto’s vir Februarie is:
Voorgeskrewe onderwerp: Vlak veld diepte (kleur) – Naaldekoker deur Myra Lourens.
Algehele wenfoto: Mandjie met Lemoene deur Ineke Kleingeld.
Junior wenfoto: Amper maar nie Stamper deur Lukas van der Merwe.
Vir meer inligting oor die klub skakel die voorsitter Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.