Local news

Ons Winkel Nigel ploeg terug in gemeenskap

Die fondse word teruggeploeg in die gemeenskap waar die onderskeie Ons Winkels geleë is.

Ons Winkel is die skenkingswinkel van Solidariteit Helpende Hand.

Daar is bykans 127 winkels landswyd waar die publiek skenkings van tweedehandse goedere, meubels, kombuisware, linne en klere kan maak.

Esmé Strauss, eienaar van Ons Winkel Nigel, vertel: “Met die konsep van Ons Winkel skep ons volhoubare besighede, en verskaf ook so werksgeleenthede.”

Sy besit die Ons Winkel Nigel asook Ons Winkel Brakpan en het vertel van haar top span wat die passie saam met haar uitleef om die gemeenskap te kan dien.

“Ons Winkels is nie net nog ’n werk nie, dit is ’n passie en my personeel werk nie net vir ’n salaris nie, elkeen van hulle voel hul het ’n roeping om terug te ploeg in die gemeenskap,” het Esmé vertel.

Sy is sedert 2015 aktief betrokke by Solidariteit Helpende Hand en het in Junie 2020 haar eerste Ons Winkel in Brakpan geopen.

Haar tweede Ons Winkel Nigel het gedurende Februarie 2021 sy deure geopen by 19 Court straat, Nigel.

Te midde van die Covid pandemie kon die winkel daarin slaag om staande te bly en Esmé sê dit is danksy die wonderlike Nigel gemeenskap wat hul harte oopgemaak het vir ’n goeie doel.

Esmé Strauss saam met Elsa Nel, een van haar geliefde ondersteuners.

Die Ons Winkel Nigel spog met ‘n boek-hoekie waar kliënte na hartelus kan delf vir die regte leesstof.

“My personeel staan nie terug om artikels in die winkel te herwin en te omskep in ’n kreatiewe artikels nie.

“Klere wat nie geskik is vir verkoop nie word vinnig omskep in ’n kussing of enige iets mooi,” het Esmé vertel en bygevoeg dat die plaaslike gemeenskap hul goed gesind is en die skenkings stroom in waar hulle dan opgewonde alles uitpak om die artikels op die rakke te kry reg vir kliënte om dit op te raap teen ’n weggee prys.
Fondse wat deur elke Ons Winkel genereer word, keer terug na Solidariteit Helpende Hand.

Die fondse word teruggeploeg in die gemeenskap waar die onderskeie Ons Winkels geleë is en waar gemeenskapsprojekte deur die Ons Winkels befonds kan word.

Die streekfonds word ook gebruik om rentevrye studielenings beskikbaar te maak vir studente wat nie oor die finansiële vermoë beskik om verder te kan studeer nie.

Related Articles

 
Back to top button