Local newsSport

Spelers genooi om by Berge in te skakel

Die klub is in reeds besig met voorbereiding vir die seisoen.

Spelers van die Heidelberg Rugbyklub gaan op 24 Februarie rugbyproewe teen die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) speel.

Hierdie proewe is belangrik vir die Berge, omdat hulle vanjaar aan die Valke Merlin Liga gaan deelneem.

Om in die Merlin Liga te kompeteer moet elke span twee spanne beskikbaar stel vir ligawedstryde.

Die eerste wedstryd skop om 14:00 af en die tweede wedstryd volg daarna.

Berge se afrigter Jaco van Rensburg doen ‘n beroep op spelers wat deel van een van die oudste rugbyklubs in Suid-Afrika wil wees, om by die klub in te skakel.

“Ons benodig meer spelers om te verseker dat ons die beste in die liga kan vaar. Heidelberg het baie rugbytalent wat ontgin kan word,” het Van Rensburg gesê.

Die klub oefen Dinsdae en Donderdae op die Hoër Volkskool se rugbyvelde van 18:30 tot 20:00.

Vir verdere inligting kontak Jaco van Rensburg by 060 575 6081.

Roaan Viljoen tydens ‘n vorige wedstryd. Die klub is oorgehaal om op verlede jaar se sukses voort te bou. Argief foto.

Related Articles

Back to top button