Local newsSchools

Vossie atlete laat meer rekords spat

Nuwe rekords is in die spiesgooi- diskus items aangeteken.

Atlete van die Laerskool Tini Vorster het op 7 Februarie aan die Nigel Sentraal atletiekbyeenkoms by die Laerskool Hannes Visagie deelgeneem.

Atlete het weereens uitstekend gevaar en nuwe rekords is ook in spiesgooi verbeter. Alicia Appel (o13) het ‘n rekord van 23.19m gegooi en Anei Brandt (o12) se spies het 16.60m ver getrek.

‘n Nuwe rekord is ook met diskus opgestel deur Dominic Kriel (o13) met ‘n afstand van 24.74m.

Dominic Kriel het met ‘n afstand van 24.74m ‘n nuwe diskus rekord aangeteken.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button