Volskool se Graad 12 leerders en onderwysers ontvang toekennings

Volkies is beste is Sedibeng

Die Hoër Volkskool het met verskeie toekennings weggestap tydens die Sedibeng Onderwys Departement se streek toekennings wat op 1 Februarie plaasgevind het.

Die beste Graad 12 leerders, onderwysers en skole vir 2023 was aangekondig.

Graad 12 leerders wat uitgestaan het in die Sedibeng streek is:

Liané Grundling (drama, toerisme en algehele tweede plek); Carli Hancke (Afrikaans en algehele derde beste leerder); André Sprong (wiskunde); Simone Moll (lewensoriëntering); Verushke Duvenhage (rekenaartoepassingstegnologie) en Petrie Everson (geskiedenis).

Die onderwysers wat die beste in hul vakke gevaar het is: Eugenie Potgieter (fisiese wetenskap), Salome Calitz (drama) en Cornel Wiersma (Afrikaans).

Die skool is ook aangewys as die mees konsekwente skool in die nasionale Graad 12 eksamen oor die afgelope vyf jaar en beste skool in die Sedibeng Distrik volgens die Department van Onderwys se kriteria.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version