Local news

Eenheid Suikerbos hou jaarvergadering

Die publiek word uitgenooi om die vergadering by te woon.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging (SAWV) Eenheid Suikerbos se jaarvergadering vind plaas op 10 Februarie in die ou tronk gebou in Jordaanstraat.

Items wat onder bespreking sal kom sal insluit inligting en voordele om aan die SAWV te behoort, gemeenskapsveiligheid, testamente, die jeug in die samelewing, gestremdes asook pastorale dienste.

“Ons nooi die gemeenskap uit om die vergadering by te woon,” het Eenheid Suikerbos voorsitter Frik van Niekerk gesê.

“Ons is hier in die gemeenskap, vir die gemeenskap en wil graag terugploeg in Heidelberg in,” het hy bygevoeg.
Die vergadering sal om 10:00 begin en na afloop daarvan sal almal ‘n bring en braai kan geniet.

Eenheid Suikerbos sal slaai en broodrolletjies voorsien. Belangstellendes word versoek om ook hul eie eetgerei saam te neem.

Vir meer inligting kontak vir Lydia Botha by 071 438 3002 of Frik van Niekerk by 079 220 5555.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button