Local newsSchools

Sagies laat die wiele nou rol

Die slagspreuk, ‘Al wat jy sien is die Sagie-masjien!’ is agter op die bussie aangebring.

Daar was op 29 Januarie groot opgewondenheid by die Laerskool Hannes Visagie toe die skool se splinternuwe bussie ingewy is.

Die skool moes in die verlede ‘n bus huur om kinders na sport- of kultuur byeenkomste te vervoer en kan dit nou doen met hul eie wiele.

“Danksy die werk van ons toegewyde beheerliggaamlede en die projekte wat ons aangepak het, kon ons uiteindelik die bussie aanskaf,” het Madelé van Vuuren, skoolhoof gesê.

“Dit was ‘n langtermyn doelwit en ons is trots dat ons dit kon bereik,” het Gert Kriek, voorsitter van die beheerliggaam vertel.

Buks Coetzer, die beheerliggaam se onder-voorsitter het saam met Kriek vanaf 2012 op die beheerliggaam gedien en is ewe ingenome oor die doelwit wat bereik is.

Beide tree dié jaar uit en het trots verwys na die slagspreuk agter op die bussie, naamlik: ‘Al wat jy sien is die Sagie-masjien!’

Lede van die beheerliggaam, skoolhoof en leerders by die Laerskool Hannes Visagie se eie bussie wat hul op 29 Januarie ingewy is.

Related Articles

Back to top button