Local newsSchools

Die Hoër Volkskool se skoolbus gesteel

Die diefstal is 'n groot terugslag vir die skool.

Die Hoër Volkskool se skoolbus is vanoggend (31 Januarie) van die skool se terrein in Heidelberg gesteel.

Volgens wat vasgestel kon word, is die skoolbus in die vroeë oggendure van die skool se perseel verwyder.

Die bus se registrasie nommer is HZ 52 NT GP.

Dit word gebruik om leerders na die skool se sport en ander byeenkomste te vervoer.

Enigeen met inligting oor die diefstal kan die Heidelberg SAPS by 016 341 0353 skakel.

Die Hoër Volkskool se skoolbus is op 31 Januarie gesteel.

Related Articles

 
Back to top button