Local news

Melktert kraai koning by Rooi Haan

Susan spog ook met haar wortelkoek en heerlike verjaarsdagkoeke.

Susan Lockem (63) is vir die afgelope twee jaar werksaam by die Rooi Haan restaurant by Heidelberg Vereeniging vir Bejaardes Suikerbos-oord.

Haar melktert kraai beslis koning en was vanaf 2022 in die top drie bestes by die Solidariteit Helpende Hand, Oos-streek Melktert kompetisie.

Die resep wat sy in 1981 by ‘n tannie in Vanderbijlpark gekry het, deel sy nie maklik nie maar sy sal verseker vir jou ‘n tert of twee bak om te proe.

Susan was vir 32 jaar ‘n kleuterskool onderwyseres maar bak was nog altyd haar passie.

Die gesogde melktert wat vir Susan Lochem is vanaf 2022 in die top drie bestes by die Solidariteit Oos-streek Melktert kompetisie.

Haar dogter en Marlene Walkden van die Suikerbos-oord het haar geïnspireer om haar gesogte melktert in te skryf vir ‘n kompetisie.

Susan spog ook met haar wortelkoek en heerlike verjaarsdagkoeke.

“Dit verskaf vir my groot plesier om te sien hoe familie en vriende wat vir die inwoners by die oord kom kuier, my gebak by die Rooi Haan geniet,” vertel Susan.

Related Articles

 
Back to top button