Local newsSport

Berge warm reeds op vir die seisoen

Behalwe die Merlin Liga speel Berge ook in die President’s Liga in 2024.

Die Heidelberg Rugby Klub, wat tans die houer van die Kestrel Liga reeks van die Valke Rugby Unie is, het hulle eerste amptelike oefening vir die jaar op 9 Januarie gehad.

“Ons wil die jaar groot gaan en wys wat in ons steek,” het Jaco van Rensburg, Heidelberg rugbyspan se hoof afrigter gesê.

“Ons neem die jaar aan die Merlin Liga van die Valke Rugby Unie deel. Om dit te vermag kort ons meer rugby spelers om deel van Heidelberg Rugby uit te maak.

“Ons wil graag twee spanne vir die liga inskryf en alle belangstellende spelers word uitgenooi om deel van die roemryke klub te word.”

Behalwe die Merlin Liga speel Berge ook in die President’s Liga in 2024.

Heidelberg se eerste wedstryd gaan eers op Nigel se Rugbydag wees waarna die volgende wedstryd in die President’s Liga op 6 April teen East Rand United sal plaasvind.

Heidelberg Rugbyklub se oefeninge is op Dinsdae en Donderdae op die Hoërskool Volkskool se rugbyvelde van 18:00 tot 20:00.

Heidelberg Rugby Klub sak in ‘n skrum tydens ‘n wedstryd wat in 2023 gespeel is.

Related Articles

 
Back to top button