Local news

Projek sal honger kinders help

Daar is 30 gesinne geïdentifiseer wat met die projek gehelp kan word.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging, Eenheid Suikerbos het hul eerste projek vir 2024, Operasie Blue Crane, van stapel gestuur.

Christa Glad van die Laerskool AG Visser het met die inisiatief vorendag gekom om selektief, en onder beheer, kos aan werklike behoeftige gesinne te voorsien.

Dit het die Eenheid Suikerbos genoop om in te spring om hulle deel by te dra.

Die voorsitter, Frik van Niekerk en Glad het besluit om hande te vat om, waar hulle kan, behoeftige gesinne van hulp te wees met droƫ kossoorte (rantsoene).

ā€œDeel van ons beplanning is om meer betrokke te raak by ons jeug,ā€ het van Niekerk verduidelik.

ā€œDie jeug is die toekoms van mĆ“re. Geen kind verdien om honger te gaan slaap nie. Daar is baie organisasies wat skole help om leerders by die skole van kos te voorsien maar wat eet daardie kinders saans?ā€

Tot hede kon kos voorsien word aan 10 gesinne.

Daar is egter 30 gesinne geĆÆdentifiseer wat met die projek gehelp kan word, maar om dit te vermag word skenkings benodig.

ā€œElke bietjie help. Kom ons as gemeenskap help om vir ā€˜n honger kind ‘n vol maag en ā€˜n glimlag op die gesig te gee,ā€ het Van Niekerk gesĆŖ.

Enigeen wat ā€˜n bydrae wil maak kan van Niekerk by 079 220 5555 kontak.

Related Articles

 
Back to top button