Local news

Heigel Fotoklub spog vroeg in die jaar met pragfotos

Die volgende vergadering vind op 14 Februarie plaas en belangstellendes kan vir Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Die eerste byeenkoms van die Heigel Fotoklub het op 17 Januarie in Nigel plaasgevind.

Die voorsitter, Francois van Jaarsveld het almal verwelkom en die hoop uitgespreek dat die lede se fotografie in die komende jaar groot hoogtes sal bereik.

“Ons almal is ‘n oase van kreatiwiteit, wat net die regte leiding nodig het om te wys wat in elkeen steek. Ons gaan vanjaar uitstappies meemaak en beplan ook sosiale geleenthede,” het van Jaarsveld gesê.

Tydens die vergadering is Februarie se tema bespreek asook die beste tegniek om die foto te neem. Die tema is vlak velddiepte (kleur).

Die junior wen foto is Vink deur Lukas van der Merwe.

Deel van die vergadering is gewy aan die beoordeling van die sowat 30 foto’s wat vir Januarie ingeskryf is.

Die wenfoto’s is:

Voorgeskrewe onderwerp, Beweging (Panning) – Trap daai fiets deur Marissa Enselin.

Algehele wenfoto: Inka lelies deur Annatjie Smith

Junior wenfoto: Vink deur Lukas van der Merwe

Die volgende vergadering vind op 14 Februarie plaas en belangstellendes kan Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Die algehele wenfoto is Inka lelies deur Annatjie Smith.

Related Articles

 
Back to top button