Local newsSchools

Groot opwinding met eerste skooldag

By Laerskool Tini Vorster is die Graad Eens tradisioneel amptelik verwelkom deur die klok by die hoofingang te lui.

Graad Een is ‘n opwindende maar ook skrikwekkende tyd vir baie leerders en ouers.

Leerders word aan nuwe dinge blootgestel, hul skooldag is langer, hulle vriendskappe raak meer ingewikkeld, en hul akademiese- en sportlewens raak skielik heelwat veeleisend.

Die Heraut het by ‘n paar skole in Nigel aangedoen op die eerste dag van die nuwe skooljaar om te hoor hoe van die kinders voel oor die jaar wat voorlê.

Daar was wel ‘n paar trane, maar die meeste Graad Eens was baie opgewonde om die nuwe stap in hul lewe te begin.

Onderwysers en leiers was slaggereed om elke nuweling te ontvang en tuis te laat voel.

By Laerskool Tini Vorster is die Graad Eens tradisioneel amptelik verwelkom deur die klok by die hoofingang te lui.
“Dit is ‘n tradisie waarop ons baie trots is. Om die glimlag op elke nuwe Graad Een leerling te sien wanner hy of sy die klok lui, sê vir ons hulle voel tuis,” het Victor Kalp, adjunkhoof gesê.

Die tradisie word herhaal wanneer die Graad Eens klaarmaak met hul laerskool loopbaan deur weer dieselfde klok lui.

Vir die hoofleiers is die jaar nie net die laaste jaar van laerskool nie, maar ook ‘n jaar vol uitdagings en opwinding om die leisels te neem.

Tydens Danté Davis, hoofseun by Laerskool Tini Vorster se toespraak in die saal opening, het hy in sy boodskap aan die kinders gesê om altyd aan te hou hoop en nooit op te gee nie.

Die hoofdogter, Lizé Lira het op haar beurt gesê dit is belangrik om nederig te bly.

By Laerskool Hannes Visagie het die skoolhoof, Madelé van Vuuren die Graad Een ouers in die saal toegespreek en hulle verseker dat elke leerder daar gelei, gemonitor en gekoester word deur toegewyde onderwysers.

“Die skool is daartoe verbind om ‘n omgewing te skep waar elke leerder tot sy volle potensiaal kan vorentoe beweeg en dit is juis daarom dat ons leuse Vorentoe is,” het sy gesê.

Die hoofleiers, geklee in hul uniform, het ook aan die Heraut genoem dat hulle bevoorreg is om die taak wat voorlê tot hul volle potensiaal uit te voer.

“Die onderwysers en die kinders het vertroue in my en ek sien uit om die jaar die leisels te neem,” het JD Vermeulen, onderhoofseun gesê.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button