Local news

Eenheid Suikerbos ontvang verskeie toekennings

‘n Spesiale toekenning is ook aan die eenheid oorhandig vir projekte wat suksesvol afgehandel en voltooi is.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) Eenheid Suikerbos is tydens Sektor 1.4 Wilger se jaareindfunksie op 25 November aangewys as eenheid van die jaar en het die wisseltrofee in ontvangs geneem.

Wat die toekenning meer merkwaardig maak is die feit dat die eenheid in Januarie 2023 hergegroepeer het, nadat dit in die vorige jaar ontbind is as gevolg van verskeie terugslae.

‘n Spesiale toekenning was ook aan die eenheid oorhandig vir projekte wat suksesvol afgehandel en voltooi is.

Die toekenning wat Eenheid Suikerbos ontvang het vir projekte was suksesvol agehandel was.

Frik van Niekerk, voorsitter van SAWV Eenheid Suikerbos het die bestuur van die eenheid bedank in sy toespraak.
“Julle het die onmoontlike moontlik gemaak. Ons het al vier bene van die SAWV se missie suksesvol afgehandel. Ons kon meer as 50 gestremdes help met ‘n rolstoel of loopraam.

“Ons werk met die jeug was uiters suksesvol en ons kon vele oud-soldate met ons makkerhulp projekte help.
“Die eenheid was ook aktief betrokke met ons erfenis en die bewaring van ons erfenisprojekte.

Die wisseltrofee was Eenheid Suikerbos ontvang het.

“As deel van ons werkverskaffingprojekte, kon ons baie mense help om werk te bekom op ons WhatsAppgroep, en ons het ‘n bye-projek van stapel gestuur waarmee veterane ‘n inkomste kan verdien.

“Ons is egter afhanklik van die gemeenskap, en daarom rig ons groot dank aan die gemeenskap vir al die skenkings wat hulle so onbaatsugtig aan ons toevertrou,” het van Niekerk gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button