Local newsSport

Volkies pretsteer goed buitemuurs

Volkskool is Sedibeng-Oos se sportskool van die jaar.

Die Hoër Volkskool is onlangs aangewys as die Sedibeng-Oos sportskool van die jaar.

Tydens die prysuitdeling is ander toekennings ook opgeraap.

Simoné Moll is aangewys as die sportdogter van die jaar, die skool se o15A-netbalspan is die sportspan van die jaar en Lelané Meyer is aangewys as die afrigter van die jaar.

In ander sportgebeure is daar ook verskeie Volkies wat uitstaan met hul prestasies.

• Tennis: Bryan Wiggill het aan die Gauteng-Oos tennisproewe deelgeneem. Wiggill is tans eerste gekeur vir die Gauteng-Oos o19-span en kwalifiseer ook om aan die SAs deel te neem. Hy sal Gauteng-Oos in Januarie by die SAs verteenwoordig.

Bryan Wiggill in aksie op die tennisbaan.

• Lewensredding: Armand Jubber gaan Suid-Afrika in Desember, tydens die Orange Cup Nederland Lifesaving toernooi teenwoordig.

Armand Jubber gaan Suid-Afrika in lewensredding verteenwoordig.

• Atletiek: Tristan van Wyk (o13) is gekies om deel te vorm van Atletiek Vaal Driehoek span wat op 2 Desember aan die ASA Jeug Kampioenskappe gaan deelneem. Tristan gaan in die 800m deelneem.

Tristan van Wyk gaan aan die ASA Jeug Kampioenskappe deelneem.

• Netbal: Karin Venter en Arné van Tonder is gekies is vir die ‘Four Leaf’-span wat aan die Dubai Sewes netbaltoernooi gaan deelneem.

Karin Venter en Arné van Tonder is gekies vir die ‘Four Leaf’ netbalspan.

Related Articles

Back to top button