Local news

Suikerbos-oord sluit die jaar op ‘n hoë noot af

Die inwoners van oord het self die saal versier vir die geleentheid.

Die Suikerbos Aftreeoord het op 24 November hul jaareindfunksie aangebied.

Die voorsitter van die oord, ds Cobus Rossouw het die verrigtinge geopen en almal verwelkom.

In sy bedankings het hy al die rolspelers bedank wat daartoe bydra dat die inwoners van Suikerbos ‘n veilige en in baie gevalle ‘n laaste tuiste het.

Giovanni de Vito het vir die vermaak gesorg.

Hy het ook lof gehad vir die kunstenaar Giovanni de Vito wat sonder om te huiwer ingestem het om tydens die funksie op te tree.

Die inwoners van oord het self die saal versier vir die geleentheid wat deur sowat 200 mense bygewoon is.

Ds Cobus Rossouw het die verrigtinge geopen.

“Ons het ‘n harde maar goeie jaar op ‘n hoogtepunt afgesluit,” het die oord se maatskaplike werker Marlene Walkden gesê.

“Dankie vir almal se harde werk en bydrae. Suikerbos Aftreeoord wens almal ‘n geseënde Kerstyd toe.”

Na afloop van die formaliteite het die inwoners heerlik gesmul aan koue vleis, slaai en nagereg.

Inwoners wat bedlêend is, asook dié wat van rolstoele gebruik maak het ook die jaareindfunksie geniet.

Related Articles

Back to top button