Local news

Bejaardes woeker met hul talente

'n Groot verskeidenheid unike en handgemaakte items was te sien.

Die inwoners van die Suikerbos-Oord het op 11 November ‘n stokperdjie dag aangebied.

Die meerderheid uitstallers was almal pensionarisse, wat items te koop aangebied het om hul pensioene aan te vul.

Interessante items soos brei- en naaldwerk, klere, kos, handgemaakte items, skilderye, kerse, tweedehandse skatte sook houtwerk items was volop.

Dit is duidelik dat daar beslis nie ‘n tekort is aan talent onder die bejaarde inwoners van Heidelberg nie.

Leon Grieb is handig met houtwerk en hou hier ‘n geweer vas, wat hy uit hout gemaak het.
Die stokperdjie uitstalling was ‘n miernes van bedrywighede.
Hannie Huyssteen en Annamarie Fouche.
Ita Pritchard by die skildereye wat haar handewerk is.
Elswe Kruger by haar naaldwerk tafel.
Bets Bezuidenhout het die uitsttalling geniet.

Related Articles

 
Back to top button