Local newsSport

Stywe lyne vir hengelaars

Die hengelaars het sowat 249 visse uit die water katrol.

Sowat 23 lede van die Balfour Hengelklub het op 4 November hul maandelikse kompetisie geniet.

Die maand se kompetisie was by Rooibult langs die Vaaldam.

Die lede het ongeveer 249 visse gevang tydens die kompetisie wat ‘n totale gewig van 133.106kg geweeg het.

Die wenners van die kompetisie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

Manswenners:

• Dirk Roos met 28 vis en ‘n totale gewig van 13.990kg.

• Heine Terblanche het 22 visse gevang (11.480kg).

• Koos Erasmus het ook 22 vis uit die water katrol (11.320kg).

Vroue wenners:

• Darell Roos het 21 vis uit die water katrol (10.810kg).

• Deidre Nel het ses visse van sowat 3.300kg uit die water katrol.

• Sarita Stoltz het ook ses visse gevang met ‘n totale gewig van 3.245kg.

Junior wenners:

• Jayden Nolte het 12 vis (6.584kg) uit die water katrol.

• Kallie Kriel het drie visse (0.900kg) tydens die kompetisie gevang.

• Zurika Nel het twee visse (0.570kg) gevang.

Die volgende klublede het ook die swaarste visse in verskeie kategorieë uit die water katrol:

Bennie Kriel het die swaarste karp (2.550kg) en swaarste moddervis (1kg) gevang.

Lukas Stoltz het die swaarste graskarp (4.330kg) gevang.

Mustapha Kahn het die swaarste baber (0.520kg) gevang.

Sarita Stoltz het die swaarste geelvis (0.550kg) gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal op 2 Desember by Riviera langs die Vaaldam plaasvind.

Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, kontak vir Lukas Stoltz by 084 757 6058 of vir Bennie Kriel by 079 888 6052.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button