Die inwoners van die Suikerbos-Oord is onlangs deur Checkers, wat in die Heidelberg Sentrum geleë is, bederf.
Portia Madyibi en Leon Coetser van die kettingwinkel se Heidelberg-tak het gesorg dat die inwoners aan heerlike eetgoed kon smul en lekker tee kon geniet.
Suikerbos-Oord se Marlene Walkden het as ‘n blyk van waardering ‘n skildery aan die verteenwoordigers an Checkers oorhandig.