Local newsSchools

Graad Sewe Vissies lui ‘n nuwe fase in

Die 2023 hoofleiers het ook hul mede leerders, ouers en onderwysers toegespreek.

Laerskool AG Visser het op 17 November hul Graad Sewe leerders op gepaste wyse gegroet.

Laerskool AG Visser se skoolhoof, Selma Marx het tydens die saalopening ‘n spesiale boodskap aan die Graad Sewes gebring.

Laerskool AG Visser se skoolhoof, Selma Marx.

Die tema van haar boodskap was: Koop die tyd uit.

“Wees effektief met jou tyd en gebruik geleenthede wat oor jou pad kom.

“Doen iets goed vir jou medemens en daar sal ‘n tyd kom wanneer jy die vrugte van jou dade pluk,” het Marx gesê.

Laerskool AG Visser se hoofseun, Dylan de Bruyn.

“Koop met jou tyd wat jy aan vriende, familie en die gemeenskap gee. Dit is meer werd as enige banknote wat jy mag besit.”

Na die toespraak het die 2023 hoofleiers ook elkeen ‘n beurt gehad om hul mede leerders, ouers en onderwysers toe te spreek.

Laerskool AG Visser se hoofdogter, Erica Vallentgoed.

“Al ons sukses is as gevolg van ons vriende, ouers en die personeel van Vissieland,” het die hoofdogter Erica Vallentgoed in haar toespraak gesê.

“Ons stap weg met dankbaarheid in ons harte. Ons is trotse Vissies.”

Hoofleiers Erica Vallentgoed en Dylan de Bruyn lui die klok vir ‘n laaste keer.

Op sy beurt het Vissie se hoofseun, Dylan de Bruyn gesê dat hul voetspore vir ewig by AG Visser sal wees.

“Die skool se hartklop is in almal van ons. Ons herinneringe sal ons ‘n leeftyd by bly.

“Gryp elke geleentheid aan en maak die beste van elke oomblik,” het Dylan gesê.

Die klok wat elke leerder lui wanneer hul die skoolgronde vir die eerste keer betree en ‘n laaste keer uitstap.

Na die seremonie in die saal het al die Graad Sewes die geleentheid gekry om die jare lange tradisie voort te sit.
Die tradisie behels dat wanneer die leerders hul skoolloopbaan begin, hulle ‘n klok lui en wanneer hulle die skool verlaat, word die klok weer gelui.

Die lui van die klok is ‘n aanduiding dat die leerders in ‘n nuwe fase in hule lewe betree.

Leerders van die skool het aandagtig geluister tydens die spesiale geleentheid.

Related Articles

Back to top button