Local newsSport

Berge is reg vir nuwe uitdagings

Heidelberg Rugbyklub verower twee bekers.

Die Heidelberg Rugby Klub het tydens die jaarlikse Valke Rugby Unie prysuitdeling, op 18 November twee toekennings ontvang.

Die Berge het weer die trofee ontvang as liga wenners in die Kestrel Liga Reeks.

Hulle het dié liga in hul naam beklink deur die finaal teen Delmas met 57-25 te wen.

Die tweede trofee was vir die junior klub met die beste gesindheid teenoor die skeidsregters.

In 2024 gaan Heidelberg Rugby Klub opskuif vanaf die Kestrel Liga na die Merlin Liga.

“Met die Merlin Liga wag daar groter uitdagings vir Heidelberg en harde werk, maar soos dinge tans staan is Heidelberg Rugby Klub reg vir enige uitdaging,” het Sean Greyling, voorsitter Heidelberg Rugby Klub gesê.

Sean Greyling en Jaco van Rensburg by die Valke Rugby Unie prysuitdeling.

Related Articles

Back to top button