Local news

Solidariteit Helpende Hand beloon skole

Die skool wat die meeste goedere geskenk het, asook die skool wat die meeste ondersteuners gewerf het, het elkeen ‘n R10 000 donasie ontvang.

Solidariteit Helpende Hand het vanjaar ‘n kompetisie vir skole regoor die Oos-Randstreek aangebied.

Leerders is versoek om tweedehandse klere, meubels en goedere wat nie meer by hul ouerhuise gebruik word nie, na die skool of Ons Winkel (Solidariteit se winkels in elke dorp) te neem.

Mariolette Vorster gesels met die leerders van Laerskool AG Visser.

Koepons is dan vir die skenkings uitgereik om sodoende te bepaal watter skool die meeste items geskenk het.
Die skool wat die meeste goedere geskenk het, asook die skool wat die meeste ondersteuners gewerf het, het elkeen R10 000 van Helpende Hand ontvang.

Laerskool Pam Brink van Springs was die wenskool, met die Laer Volkskool in Heidelberg in die tweede plek.
Die skool wat die meeste ondersteuners aangeteken het was Laerskool AG Visser.

Tassie Tier, Asjas Apie, Hetta Hasie en Boekies Beer dans saam met Laerskool AG Visser se leerders.

Helpende Hand Oos-Rand streekorganiseerder Mariolette Vorster, Patricia Meyer (voorsitter Helpende Hand, Heidelberg) en Bianca Oosthuyzen (Helpende Hand maatskaplike werker) het op 13 November Laerskool AG Visser besoek en die tjek aan die skoolhoof, Selma Marx oorhandig.

Na afloop van die formaliteite het Helpende Hand se gelukbringers Tassie Tier, Asjas Apie, Hetta Hasie en Boekies Beer saam met die kinders gedans.

Patricia Meyer spreek laerskool AG Vissers se leerders toe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button