Plaaslike dojos werf verskeie medaljes

Dries la Grange Memorial Kampioenskappe vier sy vyfde jaar.

Die vyfde Dries la Grange Memorial Kampioenskappe is onlangs by die Hoër Volkskool beslis.

Meer as SAJKA 240 karatekas van verskeie Dojos het aan die kampioenskappe deelgeneem.

Die Dojos het van die Syndicate Groep, Alberton, Bassonia, Benoni, Brakpan, Edenvale, Ermelo, Heidelberg, Frankfort, Kliprivier, Krugersdorp, Meyerton, Middelburg, Midstream, Nigel Roodepoort, Secunda, Vanderbijlpark, Vereeniging, Villiers en Vryburg gekom.

Die kampioenskappe het kata sowel as kumite afdelings gehad, waarvan die deelnemers mekaar hewig die stryd aangesê het.

Die senior manskampioen is Chadwin Deysel.

Die byeenkoms het sy herkoms van sensei Dries la Grange, wat in beheer was van Heidelberg se SAJKA Dojo vanaf 1978 tot 2000.

Daarna het sensei Johan la Grange oorgeneem gevolg deur sensei Bernhard Raubenheimer wat in 2017 die leierskap oorgeneem het.

“Die kampioenskappe het binne vyf jaar tot die grootste ope kampioenskap gevorder behalwe vir die nasionale asook provinsiale kampioenskappe,” sê Raubenheimer.

“Dit is verblydend om te sien hoeveel karate studente aan die kampioenskap deelgeneem het.
“Die standaard was baie hoog.”

Daar was 112 afdelings wat sterk verteenwoordig was.

Die top junior meisie is Liezel Rautenbach (Heidelberg).

Die top karate studente van die dag was: Junior meisie: Liezel Rautenbach (Heidelberg), junior seun: WJ Fourie (Vryburg), senior dames kampioen: Alysha Govender (Syndicate) en senior mansKampioen: Chadwin Deysel (Syndicate).

Heidelberg en Nigel se dojos het altesaam 171 medaljes (48 goud, 55 silwer en 68 brons) verower.

“Dit was wyle sensei Dries la Grange se droom om ‘n karateklub in Heidelberg te vestig, en daarom is dit vir ons as Heidelberg Dojo ‘n eer om hulde aan hom met dié jaarlikse kampioenskappe te bring,” het Raubenheimer gesê.

Heidelberg en Nigel se dojos is tans besig met voorbereiding vir vanjaar se finale gradering wat van 4 tot 6 Desember plaasvind, asook die Ratel-kompetisie op 9 Desember.

Enigeen wat meer wil uitvind of by die klubs wil aansluit kan vir Sensei Bernard Raubenheimer by 083 489 8231 skakel.

Die top junior seun is WJ Fourie (Vryburg).
Exit mobile version