Local newsSchools

Vossies presteer by SA’s

Die twee Vossies het hul skool se naam tydens die Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskappe hoog gehou.

Twee Graad Een leerders aan die Laerskool Tini Vorster, Zayden en Damien McGeer, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskappe deelgeneem.

Zayden het tydens die kampioenskappe ‘n tweede plek in die kumite kategorie ontvang en ook sy geel gordel verower.

Damien het ‘n tweede plek in die kata kategorie ontvang en daarmee ook sy geel gordel verower.

Related Articles

 
Back to top button