Balle rol tydens opedag

Sowat 22 spanne van agt klubs regoor Gauteng en Mpumalanga het aan die Nigel rolbalklub se opedag deelgeneem.

Nigel Rolbalklub het op 28 Oktober ‘n opedag by die klub gehou.

Sowat 22 spanne van verskeie klubs, regoor Gauteng, het ingeskryf om die opedag te ondersteun.

“Dit was ‘n suksesvolle dag gewees en ons is dankbaar vir elkeen wat die dag bygewoon het,” het Johann Eckerman van die klub gesê.

Hy het ook vir Susan Kruger, Marius Kruger en Marietjie de Beer bedank, wat die dag gereël het en verseker het dat alles glad verloop het.

Die deelnemende klubs was Nigel Rolbalklub, Heidelberg Rolbalklub, Benoni Bowling Club, Benoni Lakeside, Delmas Rolbalklub, Ermelo Rolbalklub, Secunda Rolbalklub en Springs Rolbalklub.

Aa die einde van die dag was die wenspanne Benoni Bowling Club (eerste), Heidelberg Rolbalklub (tweede), Benoni Lakeside (derde).

Vir meer inligting oor die klub, kontak Eckerman by 082 806 3512.

Exit mobile version