Local news

Projek Dwervalk laat die slingervel praat

Die leerders ‘n praktiese oefening ingekry, waar hulle geleer was om met ‘n slingervel te werk.

Suid-Afrikaanse Weermagvereniging Veterane, Eenheid Suikerbos is hard aan die woeker met hulle Dwergvalk projek.

Op 25 Oktober het twee lede, Willem Pretorius (onder voorsitter) en Hannes Louw (adjudant) wat die projek Dwergvalk die lig laat sien het, die leerders van Luckhoff Skool net buite Heidelberg touwys gemaak in oorlewingstegnieke.

Die leerders wat aan die uitstappie deelgeneem het was almal tussen die ouderdom van 10 en 18 jaar.

Pretorius het ‘n kort geestelike praatjie oor Dawid en Goliat as ‘n lewens les uitgespreek, met die klem op die gebruik van die slingervel en daarna het die leerders ‘n praktiese oefening ingekry waar hulle geleer was om met ‘n slingervel te werk.

Hannes Louw (SAWV Veteramne Eenheid Suikerbos se Projek Dwergvalk) praat met leerders van Luckhoff Skool.

Die boodskap was om al die verkeerde dinge in jou lewe weg te slinger.

Adjudant Louw het daarna die leerders meer geleer rakende basiese veld en oorlewing kennis.

“Ons het besluit dat die projek Dwergvalk die regte medisyne vir die skool se leerders is,” het Luckhoff skool se hoof Riette Holly gesê.

“Ons dank Eenheid Suikerbos se lede wat uitgekom het en tyd aan die kinders gewy het.

Willem Pretorius (SAWV Veteramne Eenheid Suikerbos se Projek Dwergvalk) wat byderhand om Luckhoff Skool se leerders te wys hoe om ‘n slingervel te hanteer

“Julle het waarlik ‘n hart vir die kinders. Ons sien uit om in die nuwe jaar weer die lede by die skool te kan kry om verder die kinders touwys te maak.”

Projek Dwergvalk word gratis aan instansies en skole beskikbaar gestel om die jeug en kinders meer te leer oor oorlewing asook geestelike benadering tot verskeie situasies.

Persone wat meer wil uitvind of van die dienste gebruik wil maak, kan Eenheid Suikerbos se voorsitter Frik van Niekerk kontak by 079 220 5555.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button