Verskeie Rabbitohs haal die Rhino nasionale span

Nigel se afrigter Gideon Fick is ook deel van die afrigtingspan.

Die Nigel Rabbitohs Rugby Liga Klub het onlangs twee wedstryde in die liga gespeel.

Die Blouspan het teen Centurion te staan gekom en 58-36 geseëvier.

Die Nigel speler van die wedstryd was C-Jay Strauss.

Die Rooispan het teen Harlequins te staan gekom waar hulle die onderspit gedelf het. Die eindtelling was 20-56 ten gunste van die Harlequins.

C-Jay Strauss was die Blouspan se speler van die wedstryd.

Die Rugby Liga het ook ‘n nasionale span en verskeie Nigel spelers is nadergeroep om die span te verteenwoordig.

Die Rhino span gaan op 1 en 4 November teen Kenia te staan kom op Naka Bulle en Grizzlies se velde onderskeidelik.

Nigel se spelers wat deel van die span gaan vorm is Marcelle Viljoen, Junaide Seedat, Shuan Matsane, Simpihwe Jange, Tjaart Pretorius en Frikkie Jansen.

Nigel se afrigter Gideon Fick is ook deel van die afrigtingspan.

Die Rabbitohs se Rooispan.

Fick het self in 2009, 2010 en 2013 vir die Rhinos gespeel.

“Ons is trots op die spelers wat vir die Rhinospan gekies is,” het Fick gesê.

“Ons het 30% van die groep se spelers in Nigel en het selfs hierdie jaar ‘n tweede span in die liga ingeskryf, met die hoop en vertroue om aanstande jaar meer spelers in die Rhinogroep te kry.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version