Local news

Sagies ontvang skoen skenking

Sowat 51 minderbevoorregte kinders in die skool sal nou met nuwe skoene kan spog.

Medicross in Springs het op 26 Oktober sowat 51 pare skoolskoene aan Laerskool Hannes Visagie geskenk.

“Die skenking vorm deel van ons Nelson Mandela dag inisiatief,” het Carmen Schmulian van Medicross gesê.

“Ons het vir Nelson Mandela dag deur middel van ons goedhartige dokters, tandartse en personeel geld ingesamel om die skoene deur veilige hospitaalafval te laat herwin en maak.

“Die inisiatief vorm ook deel van die Medicross ‘My Walk’ projek wat daarna streef om minderbevoorregte skoolkinders in die land te help, deur aan hulle skoene te gee.”

Die herwinde skoolskoene is ook moontlik gemaak deur die vennootskap tussen Medicross en Adcock Ingram.

Medicross, Springs het genoeg geld ingesamel om sowat 273 skoene as deel van Nelson Mandela dag te laat maak en te skenk aan skole in Springs, Brakpan en Nigel.

“Wat ons het is net genade en wat ons het is net geleen,” het Hannes Visagie se skoolhoof, Madelé van Vuuren gesê.

“Dankie aan Carmen Schmulian en jou span by Medicross Springs vir julle onbaatsugtige omgee en liefde vir ons kinders.”

Related Articles

Back to top button