Local news

Harde werk werp vrugte af

Patricia Meyer is ook aangewys as die voorsitter van die jaar.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het op 14 Oktober, tydens die Oos-Rand streekvergadering verskeie toekennings opgeraap.

Die toekennings het ingesluit meeste ondersteuners aangeteken, meeste ere-ondersteuners aangeteken, grootste tak in die Oos-Rand, meeste projekte aangepak en beste media dekking.

Die tak se voorsitter, Patricia Meyer is ook aangewys as die voorsitter van die jaar.

“Ek het ‘n baie dankbare hart teenoor die Heer vir Sy genade, liefde en onverdiende guns in ons lewens,” het Meyer gesê.

“Hierdie liefdeswerk is allermins ‘n kompetisie, alhoewel ‘n mens iets moet hê waarteen jy jouself kan meet, en sodoende verseker dat jy wel ‘n verskil maak. Dankie vir die voorreg en getroue taklede, ondersteuners en donasies. Saam maak ons ‘n groot verskil.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button