Local news

Bekende Heidelberger oorlede

Danie Steenkamp het 'n omgee hart gehad.

Danie Steenkamp (77) wat bekend was in Heidelberg is op 11 Oktober oorlede.

Danie se ouers, Babs en Jan Steenkamp is in Heidelberg gebore en getoë en het jare lank Heidelberg hulle tuiste gemaak.

Danie is op 31 Julie 1946 gebore en het sy skoolloopbaan aan die Laer asook Hoër Volkskool voltooi.
Steenkamp was vir 18 jaar werksaam by Russels, waar hy altyd reg was vir ‘n geselsie. Hy was baie geliefd onder die inwoners.

Twee van Danie en sy eggenoot, Hannetjie se wonings was die bekende De Rust Gastehuis op die R42 en die AG Visser huis in Heidelberg.

“My pa gaan vreeslik gemis word. Almal wat hom geken het as mens het geweet dat hy ‘n sagte hart het en dat hy vir almal omgegee het,” het sy dogter Surika du Toit gesê.

“Ons as kinders sal altyd onthou dat ons pa nooit ‘n belangrike datum soos ‘n huweliksherdenking vergeet het nie,” het Surika gesê.

Danie laat nog drie kinders, Annelé Pretorius , Uzilda Steenkamp en LB Steenkamp, asook sewe kleinkinders na.

Danie Steenkamp se gedenkdiens sal op 20 Oktober om 14:00 by die Suikerbos Aftreeoord plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button