Local news

VLU beplan vir 2024

Die tak se lede het ook tydens die vergadering hul kompetisie artikels ingedien.

Lede van die Rensburg VLU het op 10 Oktober die tak se maandelikse vergadering bygewoon.

Met die einde van die jaar in sig het julle op 2024 se jaarbeplanning gefokus.

Die lede het ook hul kompetisie artikels ingehandig wat nou vir beoordeling sal gaan.

Heilie van den Berg en Louise Verdonck tydens die vergadering.

“Dankie vir elkeen se harde werk deur die jaar en almal wat getrou eenmaal ‘n maand julle tyd opoffer om by die vergaderings te wees,” het die voorsitter Marty Jerling gesê.

Die tak sal hul volgende vergadering asook die jaarafsluiting op 14 November hou.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit kontak Jerling by 082 465 9343.

Marty Jerling (voorsitter) saam met Geraldene Janck, Yolanda Klinbiel, Miekie Britz en Petra Basson (kompetisie sekretaresse) besig om deur die kompetisie artikels te sorteer.

Related Articles

 
Back to top button