Verskeie leerders van die Hoër Volkskool het tydens die afgelope skoolvakansie aan die Somerweek Bokkie Toernooi deelgeneem.
Die toernooi was by Hoërskool Oos-Moot in Pretoria gehou.
Deané Wheeler, Emma Barnard, Amelia Strydom (al drie o14) en Lihandi Venter (o15) het die skool en die Oos-Transvaal in snelbal verteenwoordig.
Venter was ook gekies as die span se kaptein.
Wheeler was tydens die toernooi gekies vir die SA o15-presidentspan en Venter vir die SA o15-uitnodigingspan.
Beide leerders sal op 25 November aan ‘n toernooi deelneem.