Local news

Volkies blink uit in Somerweek

Twee van die leerders sal in November verder deelneem.

Verskeie leerders van die Hoër Volkskool het tydens die afgelope skoolvakansie aan die Somerweek Bokkie Toernooi deelgeneem.

Die toernooi was by Hoërskool Oos-Moot in Pretoria gehou.

Deané Wheeler, Emma Barnard, Amelia Strydom (al drie o14) en Lihandi Venter (o15) het die skool en die Oos-Transvaal in snelbal verteenwoordig.

Venter was ook gekies as die span se kaptein.

Wheeler was tydens die toernooi gekies vir die SA o15-presidentspan en Venter vir die SA o15-uitnodigingspan.
Beide leerders sal op 25 November aan ‘n toernooi deelneem.

Related Articles

 
Back to top button