Local news

Tuiste groet bestuurder

Pieter Smit, wat die Nigel Tuiste vir Bejaardes vir vyf jaar bedien het, het op 29 September die tuiste finaal gegroet.

Die Nigel Tuiste vir Bejaardes het onlangs Pieter Smit as bestuurder gegroet en die tuiste se nuwe bestuurder, Johan Janse van Rensburg welkom geheet.

Smit, wat sedert 2018 die tuiste as bestuurder gedien het, is op 21 September deur personeellede en inwoners tydens ‘n afskeidspartytjie gegroet.

“Ons sal hom altyd onthou vir sy omgee en vermoë om vir almal tyd te maak en te help waar nodig,” het Marlene Primo, maatskaplike werker by die tuiste gesê.

“Hy was ‘n baie geliefde bestuurder by die tuiste en ons gaan hom verseker mis.”

Die personeellede het Smit met ‘n lied in Zulu op ‘n emosionele wyse gegroet.

Die boodskap wat die lied bevat het is: “Meneer, jy het ons gedra en gehelp en ons gaan jou mis”.

“Baie dankie vir vyf goeie jare,” het Smit tydens sy afskeid vir personeellede en inwoners gesê.

“Dankie dat ek die laaste vyf jaar van my lewe met elkeen van julle kon deel en saam werk, vir elkeen se liefde, ondersteuning, bemoediging en dat ek altyd bemind gevoel het.”

Smit gaan nou ‘n pos by ‘n Tuiste vir Bejaardes in die Wes-Kaap opneem.

Die Nigel Tuiste vir Bejaardes se nuwe bestuurder, wat op 1 Oktober die pos ingetree het, het Matteus 5 vir sy verwelkoming aangehaal.

“Geseënd is die wat afhanklik is van die Here, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button