Local newsSport

Besigheidsliga is aan die rol

Die liga bied ‘n perfekte spanbou geleentheid.

Die eerste balle is gerol in die besigheidsliga, wat twee keer per jaar by die Heidelberg Rolbalklub plaasvind.

Tydens dié maand lange toernooi sê verskeie besighede mekaar die stryd aan in ‘n rustige, maar kompeterende omgewing.

Dit bied ook ‘n perfekte spanbou geleentheid.

Herman van der Merwe, Heidelberg Rolbal Klub se sekretaris het die spelers verwelkom.

Herman van der Merwe, Heidelberg Rolbal Klub se sekretaris het die spelers verwelkom.

“Welkom by die jaar se lente besigheidsliga toernooi. Die mikpunt is om julself te geniet en jul beste voet voor te sit en te wys hoe die balle gerol moet word,” het Van der Merwe gesê.

Die deelnemende spanne is: Property Professionals, Cubic Systems, Phoenix Fasteners, Bryte Insurance, LCS C24, LCS Groep, DJ Motors/ Engen Balfour, Auto-Ren Toyota, Suikerbos akelaars, NTT Volkswagen, Heidelberg AutoCity, JR Lubricants, RenCor en MMG Ford.

Die huidige kampioene is Cubic Systems.

Die wedstryde word elke Donderdagaand gespeel waar die eerste bal om 17:30 gerol word. Die finaal sal op 26 Oktober plaasvind.

Die spanne wat aan die besigheidsliga deelneem.

Related Articles

Back to top button